Arktiese Sirkel

Arktiese Sirkel
polêre sirkel, geographic region
KontinentAsië, Europa, Noord-AmerikaWysig
Teenoorgestelde vanAntarktiese SirkelWysig
Kaart van die Noordpoolstreek, met die Arktiese Sirkel in blou en die gemiddelde Julie-isoterm by 10 °C in rooi

Die Arktiese Sirkel is die noordelikste van die vyf groot abstrakte breedtegraadsirkels soos aangedui op kaarte van die Aarde. Dit is die noordelikste punt waar die middagson net sigbaar is met die noordelike wintersonstilstand en die suidelikste punt waar die middernagson net sigbaar is met die noordelike somersonstilstand. Die gebied noord van hierdie sirkel is bekend as Arktika of die Noordpoolstreek, en die gebied net suid van die sirkel as die Noordelike Gematigde Sone. Noord van die Arktiese Sirkel is die son minstens een keer per jaar 24 aaneenlopende ure bo die horison (en dus sigbaar om middernag) en minstens een keer per jaar 24 aaneenlopende ure onder die horison (en dus nie in die dag sigbaar nie). Dit geld ook vir die ekwivalente poolsirkel in die Suidelike Halfrond, die Antarktiese Sirkel.

Die Arktiese Sirkel het nie 'n vaste posisie nie; van 9 November 2017 loop dit 66°33'46.9" noord van die ewenaar.[1] Sy breedtegraad hang af van die Aarde se ashelling, wat wissel binne 'n marge van 2° oor 'n tydperk van 40 000 jaar as gevolg van getykragte wat deur die maan se wentelbaan veroorsaak word.[2] Gevolglik dryf die Arktiese Sirkel tans noordwaarts teen 'n spoed van ongeveer 15 m per jaar.

  1. "Obliquity of the Ecliptic (Eps Mean)" (in Engels). Neoprogrammics.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2020. Besoek op 13 Mei 2014.
  2. Berger, A.L. (1976). "Obliquity and Precession for the Last 5000000 Years". Astronomy and Astrophysics. 51: 127–135. Bibcode:1976A&A....51..127B.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search